Sunday, 5 June 2016

Beste Ian

Dankie vir Sondag. Dankie dat jy my kom kry het.

Die blote feit dat ek met jou kon praat, het baie lig in my kop ingebring (soos wat ek toe nodig gehad het). Dat jy uitgereik het en my gehoor het. Dis nie maklik om te sê wat ek gesê het nie. Feit bly ek praat basies met niemand oor daai goed van my nie. Ek het niemand om dit mee te praat nie. Ek kan dit nie sommer net praat nie. Hou dit terug want almal het hulle challenges, en wat maak myne dan nou so spesiaal? (alhoewel objektief gesien besef ek my omstandighede - soos baie mense s'n - is eintlik iets waaroor tot die Here hartseer is).

Feit bly ook staan dat mense wil hê dat mens (altyd) sal sterk staan ten spyte van wat ookal? Om sterk te staan is n bewys van hoe gelowig ons is? Dit is vir my problematies. Ek is net ‘n ou van vlees en bloed wat (ook) swaar dra (my swaardra is my swaardra - niks minder en niks meer nie). En ja ek sal soms voel om te vou. Enige ou sal soms vou van swaardra. Wat ek elke dag dra - dra ek. Ek het genade met myself. 

As mens se dra jou geisoleerd maak dan val mens soms uit die werklikheid uit. Ek val soms uit die werklikheid uit. Ek is baie meer geisoleerd as wat ek graag sou wou wees. Ons is geisoleerd, en ek pas in met my gesin se isolasie (ek werk daaraan om dit te verander). Ek moet my valle teëwerk!  

Bottom line. Ek het meestal (soos ons almal), net ‘n behoefte dat iemand nou en dan sal incheck met my of ek darem nog regop staan? Dis al. Jy het dit Sondag gedoen. Dankie daarvoor.

Ek waardeer jou baie. Dankie dat jy omgee.

Ek gaan kyk of ek vanaand betyds uit die vergadering kom om by julle in te pop. Ek mis julle almal.

Groete


Pieter