Saturday, 30 June 2018

tattoo





wou nog altyd Anke en Markus op die een of ander manier 'terug' in my lyf invat - n tattoo is die enigste manier waaraan ek kon dink - dit het n week gelede gebeur en was n 'healing good pain' ervaring gewees...EKNASUKRAM - MARKUSANKE met hulle geboorte datums. Hierdie tattoo bring hulle en hulle waarheid (en ons s'n), ook so meer in die 'lig' in (uit hulle tuis wooneenheid uit). Mense vra uit oor my tattoo, en ek kry so die geleentheid om oor Anke en Markus te praat.

I've always wanted to 'take' Anke and Markus 'back' into my body - a tattoo was the only possible taking them back thing I could think of - I am happy with the end result. It was a 'healing' experience. This tattoo also bring them out from 'hiding', as I get the opportunity to now talk about them when people ask about the tattoo. 

Saturday, 9 September 2017

Reality Check

Oppad in die vliegtuig beland Stefan in die sitplek by die venster langs ons. Gawe, spontane ou.  

Ons hou ons besig met lees. 

Toe gesels hy met ons. Is lekker om ’n jong mens se entoesiasme te ervaar. Hy vertel van sy werk, sy vrou se werk, sy seuntjie wat gek is oor alles wat met ’n brandweerwa te doen het. Sy ouers wat afgetree is. Hy gaan weer pa word.  Hy is 37 jaar oud.

En toe vra hy die vrae.

Jip, ons het kinders. Oudste is 37, ’n dogter, en ons seun is 34. Hulle woon by ons. Hulle is erg gestremd. Jip. Ons moet alles vir hulle doen. Ons is albei 65. Ons kan nie aftree nie. Ons moet werk. Ek werk twee werke. 

Stefan raak stil. Wat moes ons anders as ons waarheid vir hom vertel het?

Die Viljoens se storie op bladsy 10 in Rapport van 3 September 2017 met hulle jong gestremde kinders het my weer aan Stefan op die vliegtuig laat dink. Ons sewe en dertig jaar is ’n lang tyd van weggooi doeke met kinders wat nooit ooit in hierdie lewe sal opstaan nie. Die neerlê van eie behoeftes en verlangens het mettertyd die groot uitdaging geword. Om drome te begrawe. 

Stefan het onwetend – voordat hy ons waarheid gehoor het – begraafde drome kom uithaal. Die noem van sy ouderdom. Die uitstraal en deel van sy jongman-energie het my herinner aan wat nie kan en sal wees nie: Afgetree met ’n kleinseun wat ’n brandweerman wil wees!


Ons het ook met ons kinders, toe hulle klein was – soos die Viljoens, maar via Wallis, in 1983 – die Philadelphia Glen Doman roete gedoen. Ek wens hulle net die allerbeste toe. Mens leer mettertyd om van dag tot dag hierdie boot te roei ... vertrou dat ons self enduit staande sal bly.  

Wednesday, 8 March 2017

My Stem

My Stem soos gepubliseer op netwer24. Dis bloot die deel van my ervaring binne, en na die feesseisoen.


16 Februarie 2017 17:01

“Hallo, jy’s nuut hier, wil jy ons vertel wie jy is?”

Wel, ja. My naam is Pieter, en sorrie, maar ek is nie ’n alkoholis nie. Sorrie, julle ouens, ek weet jul nood is waarskynlik hoog ná die feestyd en alles. Maar ek is so lankal op soek na ’n AA of iets vir mense met my soort struggle. Veral so oor die seisoen van “vrede op aarde en in die mense ’n welbehae”.

Toe dog ek, ek moet maar net probeer om hier in te val en 
dalk – miskien – kry ek ook ’n sponsor wat my soort struggle verstaan? Die hoop beskaam mos nie.

Ek het gehoor julle is goed met luister, en ek het nodig om gehoor te word. Ek neem aan dis hoekom ons almal hier is, om gehoor te word, om gesien te word en om erken te word. Om nie te dink jy hoort nêrens nie, om nie te voel jy word na die buitewyke van die samelewing uitgestoot omdat jou stryd nooit einde kry nie...

Ek wil praat oor Kersfees. Ja, ek is ’n groot fan van Kersfees en die betekenis daarvan, al is en bly dit meestal moeilik om met die verstand te verstaan, ook omdat daar min geleenthede in my lewe is wat help om dit vir my lewend te hou.

Dit is hoe dit is. Kersfees 2016: Jesus het gekom! Hierdie was ’n rêrige vrye Kersfees, die eerste keer in amper 35 jaar! Ons is ná 36 jaar met die aanbreek van die nuwe jaar opnuut deur ons oorlog bekruip en vasgekeer. Een van daai dae wanneer jy wil hê die tyd moet stilstaan. Maar dit het gekom en gegaan, en hier is ek nou by julle, die AA.

Die organisasie met die twaalfpuntplan? Die plek waar daar nie veroordeling is nie, waar daar tweede en derde kanse is.

2017 het gekom. Ek is terug in die loopgrawe van my struggle. Kersfees was te kort en te vinnig verby. Weke voor die tyd – tot die 24ste nog – het ons steeds nie geglo dit gaan werk nie – dat ons ook deel van ’n “gewone” Kersfees gaan wees nie, ondanks die feit dat ons al maande daaraan beplan het – dat ons vry sal wees om dit te vier, om sonder ons daaglikse oorverdowende sielsgeraas van die oorlog wat in en om ons woed, die ruimte in ons koppe te kan oopmaak om die dag te eien, om die dag se betekenis daai oorlogsruimte te kon laat binnedring.

Dat ons dié Kersfees uit ons loopgrawe kon klim en gewoonweg asemhaal, sonder besorgdheid of bekommernis – met oorgawe. En om as’t ware met die vyand blad te skud omdat daar tot môre ’n wapenstilstand is.

Ons het die aftel na Kersdag versigtig benader; oorlog en Kersfees is nie goeie pasmaats nie. Die aftel gee ons hartkloppings van die vreemdste gevoelens van ongeloof, blydskap, vrees, afwagting, verwagting.

Is dit net ’n droom? Is ons vry om dit te vier? Is ons regtig deel van hierdie Kersfees? Is Kersfees ons beskore? Durf ons deel wees van Kersfees, wetende dat môre onvermybaar weer kom?

Oukersaand en Kersdag het nie teleurgestel nie. Jesus het opgedaag. Hy het ons met Kerskouse vol geskenke voorberei en na ’n feesmaal op Kersdag genooi – ons moes net aansit.

Ons het Hom ontmoet soos vergestalt deur eie familie! He took care of everything . . . Ag, maar ek wil nie jul tyd mors nie.

“Nee, gaan gerus voort.”

Dankie. Ons was op 31 Desember 39 jaar getroud. Ons wou dit dié keer so graag vier. Op die dag en datum. Die persoon wat ons betaal en wat ons geglo het die loopgraaf sou beman, het besluit om die pad te vat om die Oujaar en die Nuwejaar op ’n lekkerder plek uit en in te sien. ’n Groot krisis, veral ná my rugoperasie.

“Ek verstaan nie?”

Jammer, jammer, ek veronderstel ek soek ook maar soos elke ander mens antwoorde vir my stryd om dag vir dag vas te byt en om nie op te gee nie.

Ons loopgraaf is ons kinders. Ons oorlog is nie teen hulle nie, maar vir hulle. Albei in hul dertigs en erg gestrem. Ons moet alles vir hulle doen. Dis ’n oorlog van ’n ander kleur. Fisiek, geestelik, geldelik, dis een van daai soort oorloë wat ’n mens sélf nie aldag verstaan nie, hoe kan jy van ander mense verwag om dit te verstaan? Maar dis nietemin ’n oorlog. ’n Bitter, alleen oorlog.

Ons is ná 36 jaar met die aanbreek van die nuwe jaar opnuut deur ons oorlog bekruip en vasgekeer. Dis soos om deur die een of ander onsigbare mag van voor af – en met mening – teruggegooi te word in ’n al hoe dieper wordende glibberige loopgraaf sonder dat jy enige sê het of uitkoms kan sien.
Dit voel soos ’n terreuraanval wat jaar ná jaar in felheid toeneem – in my kop en teen my lyf. Alles, maar alles druis in teen wat veronderstel is om normaal te wees. Jou menswees word elke dag getrick omdat jou struggle jou elke minuut van elke dag wil aftrek en plattrek, en jy moet vasklou om lewe en dood – om nie finaal te sink nie.

Wanneer gaan dit eindig? Hoe gaan dit eindig? Dis so uitputtend. Ons is banger as ooit tevore. Bang vir die volgende Kersfees en Oujaar en Nuwejaar, maar baie meer nog vir die uitsiglose diep dal van die toekoms.

Net die Here alleen weet hoe dit sal wees, waar dit gaan eindig. Die stryd woed voort. Wie is óns sponsor, vir wie kan ons dit alles vertel wat dit sal verstaan? Wat sal luister, wat sal hoor? Wie sien ons raak?

Wie sal Sy liefde na ons toe bring – sonder voorwaardes?

Kersfees een keer ’n jaar is net nie genoeg nie.

Dankie dat julle geluister het.


Pieter



http://www.netwerk24.com/Stemme/MyStem/die-alleen-oorlog-van-n-gestremde-kind-se-ouers-20170216

Tuesday, 8 November 2016

Ashley Treatment

Although based on a blog, this site is meant to be read starting from the top. It contains comments and opinions based directly on the slide produced by Ashley's father as a justification for the treatment given to his daughter.

Introduction to the Ashley Treatment

October 18, 2009 by Single Dad   

From Wikipedia (and there are many other sources) …

The Ashley Treatment refers to a controversial set of medical procedures undergone by a Seattle child, “Ashley X”. Ashley, born in 1997, has severe developmental disabilities due to static encephalopathy of unknown etiology; she is, and will remain, at an infant level mentally and physically. 

The treatment included growth attenuation via estrogen therapy; hysterectomy, bilateral breast bud removal, and appendectomy; see a one slide summary of 

Ashley’s condition, the treatment and its benefits as prepared by her parents.

The principal purpose of the treatment was to improve Ashley’s quality of life by limiting her growth in size, eliminating menstrual cramps and bleeding, and preventing discomfort from large breasts. The combination of the surgery and the estrogen therapy attracted much public comment and ethical analysis in early 2007, both supportive and condemning. The hospital later admitted that the surgery was illegal and should only have been performed after a court order, a position that is disagreed upon by the attorney of Ashley’s family.

Sunday, 5 June 2016

Beste Ian

Dankie vir Sondag. Dankie dat jy my kom kry het.

Die blote feit dat ek met jou kon praat, het baie lig in my kop ingebring (soos wat ek toe nodig gehad het). Dat jy uitgereik het en my gehoor het. Dis nie maklik om te sê wat ek gesê het nie. Feit bly ek praat basies met niemand oor daai goed van my nie. Ek het niemand om dit mee te praat nie. Ek kan dit nie sommer net praat nie. Hou dit terug want almal het hulle challenges, en wat maak myne dan nou so spesiaal? (alhoewel objektief gesien besef ek my omstandighede - soos baie mense s'n - is eintlik iets waaroor tot die Here hartseer is).

Feit bly ook staan dat mense wil hê dat mens (altyd) sal sterk staan ten spyte van wat ookal? Om sterk te staan is n bewys van hoe gelowig ons is? Dit is vir my problematies. Ek is net ‘n ou van vlees en bloed wat (ook) swaar dra (my swaardra is my swaardra - niks minder en niks meer nie). En ja ek sal soms voel om te vou. Enige ou sal soms vou van swaardra. Wat ek elke dag dra - dra ek. Ek het genade met myself. 

As mens se dra jou geisoleerd maak dan val mens soms uit die werklikheid uit. Ek val soms uit die werklikheid uit. Ek is baie meer geisoleerd as wat ek graag sou wou wees. Ons is geisoleerd, en ek pas in met my gesin se isolasie (ek werk daaraan om dit te verander). Ek moet my valle teëwerk!  

Bottom line. Ek het meestal (soos ons almal), net ‘n behoefte dat iemand nou en dan sal incheck met my of ek darem nog regop staan? Dis al. Jy het dit Sondag gedoen. Dankie daarvoor.

Ek waardeer jou baie. Dankie dat jy omgee.

Ek gaan kyk of ek vanaand betyds uit die vergadering kom om by julle in te pop. Ek mis julle almal.

Groete


Pieter