Sunday 4 May 2014


Donderdag 09 Januarie 2014

Ek het laasnag ‘n droom gehad. Ek en ‘n paar manne vriende was oppad na die een of ander bestemming, ons het onder andere onderdeur ‘n aquaduct gery en die pad wat ons gery het, het diep in die aarde in geval, so asof ons deur ‘n tonnel ry wat al nouer en nouer en dieper raak – en ek was nogals claustrophobic. Nietemin het ons anderkant uitgekom en op die een of ander hoë gebou se balkon beland – vandaar kon ek laer af op ‘n ander vloer – ‘n rowwe ou met tatoes sien, hy het op een plek stilgestaan en was besig – op die oog af met iets onaanvaarbaars wat gelyk het of hy die een of ander dier mishandel – ek het hom berispe en hy het stadig in ons rigting omgedraai en ek sien toe dat hierdie man krippel was (gebroke was?).

 
Die krippel man het toe na my toe uitgeroep en vir my gevra wat my probleem is. Julle manne saam met my het vorentoe beweeg om die besigheid beter te beskou en ek sien toe tot my verbasing dat julle almal ook – soos hierdie man met die tatoes – gebreklik is. Ek was verbaas en kon amper nie glo dat julle ook gebreklik was nie – ek ken julle al so lank en kon nie glo dat ek dit nognie raakgesien het nie. Ek het gehuil en julle gesmeek om asseblief te sien en te besef dat ek lyk miskien oukei maar dat ek is baie meer gebreklik (gebroke), as wat jy kan sien…julle het my omhels en getroos en gesê dis oukei…

 
Ek is dankbaar dat ek jou mag ken, dat jy bemoeienis met my maak, dat jy nog altyd binne jou individuele vermoë (binne jou eie beperkinge), na my uitreik en vir my van jouself gee (soos jy kan). Soos ek genoem het, het ons almal ons eie unieke challenges. My probleem is sekerlik (van tyd tot tyd), gesetel rondom my verwagtinge diep binne in my – soms sekerlik menslik gesproke onrealisties in terme van my buitengewone omstandighede.

 
Die een probleem wat ek weet ek het is om soms te verwag mense moet outomaties weet wat in my lewe en in my hart aangaan/gebeur – en ek besef dis onbillik van my. Dan battle ek ook die universele manne handicap van cowboys don’t cry (alhoewel ek in privaatheid baie meer huil – glo ek – as die norm vir mans?).

 
‘n Behoefte wat ek veral het is om gehoor te word (het ons ne almal maar 'n behoefte om gehoor te word nie?). Om net so nou en dan my ervarings te deel (en om ook joune te hoor), om met iemand wat ek vertrou te kan incheck en die stand van die verloop van my storie te kan deel soos dit ontvou – sonder oordeel, sonder om te dink jy moet met oplossings vorendag kom. Dan het ek ook ‘n behoefte vir intersessie, omdat ek soms voel ek het nie eers krag om met die Here te praat nie. Soms is die een iets waarna ek die meeste van my dag uitsien om net in die bed te kom...

 
Ek veg (soms), teen uitputting (meestal) op alle terreine, en ek is nog steeds versigtig om my sake sommer net op die tafel neer te sit want ek is bang ek verjaag jou deur my burdens/behoeftes van my hart bloot te lê – dat ek as klein gelowig oorkom/voorkom, dat ek bloot net nie genoeg vertrou op die Here nie?  Soos een van julle genoem het, van die boek wat hy gelees het - dat jy hou liewer jou bek want jy wil nie verwerp word nie?

 
Ek mis die Here (by geleentheid), ontsettend baie (ja dit klink ook vir my absurd), Hy voel soms vêr weg van my daaglikse grind – gedagtig dat ek (soos jy), net ‘n mens van vlees en bloed is, wat daagliks gekonfronteer word met my beker wat ek net eenvoudig MOET ontvang (soos jy jou beker daagliks ontvang). Ek kan dit nie laat verbygaan nie (al wil ek soms daai beker hoe graag by my laat verbygaan!). Ek het die afgelope paar maande al ‘n paar keer gedink aan handoek ingooi – maar hoe? En wat dan van my journey? Ek is ook bang ek mis uit op my ervaring?

 
Moet asseblief nie wat ek hier sê veroordelend lees of ontvang nie – sien dit eerder as ‘n poging van my kant af om myself beter te verstaan binne my konteks, binne my verhouding met die Here (op hierdie punt), en my verhouding met jou. Bid vir my – tree vir my in – dra my op – lig my op, as jy kans het – and when I cross your mind.  Ek doen dieselfde vir jou.

 
Weet net dat ek jou buitendien waardeer vir wat jy in elk geval vir my beteken.

 

No comments:

Post a Comment