Susan – ons waardeer jou baie. Dankie vir jou begrip. Jy verstaan/verwoord veral Markus se toestand/effek duidelik. Om hom elke liewe dag so te aanskou en soms moedeloos te voel omdat hy eintlik
maar net bestaan, dat sy lewenskwaliteit hartseer is. Wat dit swaarder maak is dat mens hom so ontsettend
liefhet (soos ouers hul kinders liefhet). Om maar elke dag op te staan en
opnuut te besef dat dis hoe dit is, dis nie ‘n droom nie.
Ons sien uit na daai dag in die hemel as hulle ewe
doodluiters na ons toe aangestap kom en hul arms om ons slaan, ons in die oë
kyk, met ons praat en ons vertel hoe lief hulle ons het. Dan kan ons hopelik
saam in die een of ander hemelse Wimpy sit en saam koffie drink. Saam wafels
eet en mekaar met regtige fokus in die oë kyk en kontak maak… dan kan hulle ons ook vertel van hulselfDankie dat jy die afgelope week by Anke en Markus en Alicia oorgebly het.
No comments:
Post a Comment